

ROMERIGE TAMATIE, FRIKKADELLE EN RYS GEBAK
Jy kan jou eie frikkadelle resep gebruik, maar hier is hoe ek myne gemaak het.
500 g maalvleis
¼ koppie fyngekapte ui
1 pakkie bruin uie sop poeier
2 eetlepels mayonnaise
sout en peper na smaak
¾ koppie ongekookte lang korrel rys
1 koppie melk
1 blikkie room van tamatiesop of 1 pakkie room van tamatiesop poeier gemeng in 300 ml water
1 blikkie gekapte tamaties
Meng die maalvleis, uie, bruin uie sop poeier, mayonnaise, sout en peper goed en vorm ongeveer 12 frikkadelle. (Hou in gedagte dat die soppoeier reeds sout in het) Rangskik die frikkadelle in ‘n oondbak wat met ‘n nie-kleefmiddel gespuit is. Meng al die ander bestanddele en giet dit oor die frikkadelle. Geur met sout en peper, maar hou weer in gedagte dat die sop reeds gegeur is. Maak styf toe met foelie of plaas die bak se deksel op. Bak by 180ºC vir 1 ½ uur of tot die rys sag is. Laat staan 10 minute voor opdiening.
Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete






