

HEERLIKE GROENTEGEBAK
1 – 2 botterskorsies in skywe gesny
1 pakkie murgpampoentjies in lang repe gesny
1 pak sampioene in skywe gesny
1 blik ideal melk of houertjie room
1 pak potato bake van u keuse
gerasperde kaas
Pak groente in lae in ‘n gesmeerde oondbak.
Meng die ideal melk met die “potato bake” en giet dit oor die groente.
Bak die groente in ‘n voorverhitte oond teen 180ºC tot gaar.
Strooi die kaas oor en rooster die gereg tot die kaas gesmelt en goudbruin is.
Hhmm, te lekker vir woorde.
Probeer ook die gereg maak met aartappels in skywe gesny, uie in ringe gesny en sampioene in skywe gesny. Pak dit in lae in ‘n oondbak en volg die resep soos bo.
Resep: Cornelia Myburgh






