

IZA SE PATATTERT
6 koppies rou patats, in blokkies gesny of genoeg om jou bak vol te maak
1 eier
½ koppie suiker
1 koppie melk
1 teelepel vanilla / karamel geursel
Kook patats tot gaar en maak fyn, meng met die bestanddele, sit in oondbak en bak vir 30 minute by 180°C. Gooi die volgende sous oor wanneer die eerste 30 minute verby is:
1 koppie bruinsuiker
2/3 koppie meel
1 koppie margarien / botter
1 koppie neute (opsioneel)
Smelt botter, voeg suiker en meel by en meng deur.
Giet oor die gebakte patats, strooi neute oor en bak vir ‘n verdere 30 min by 160°C.
Die suiker maak so lekker bros lagie bo-op.
Hierdie is HEMELS en kan gevries word.
Resep en foto: Iza Hanekom Loubser






