

ROOM AARTAPPELS 3 BESTANDDELE
5 medium groot aartappels, geskil en in ringe gesny
250 ml room
gerasperde kaas
In 2 liter bak het ek laag aartappels gepak, en sout oorgestrooi , dan laag kaas en herhaal tot bak vol is.
Gooi room oor en ek gooi so 20 ml water in room bottel om alle room uit te kry, spoel bottel en gooi ook oor die aartappels.
Mikrogolf op high vir 20 min. indien aartappels nog nie sag is nie, mikrogolf ‘n verdere 10 min. of tot aartappels sag is.
Resep en foto: Meisie van der Colff






