

AARTAPPELFRITTATA
4 aartappels, geskil, in blokkies of skywe gesny en in soutwater gekook tot net sag.
Braai uie, groenrissie en knoffel.
Voeg by waarvan jy hou – spek, ham, hoender, sampioene, tamatie ens.
Geur na smaak.
Meng aartappels by.
Klits 3 tot 5 eiers en bietjie melk, giet oor, en maak oor medium hitte gaar tot eiermengsel begin set onder in die pan.
Strooi kaas oor.
Rooster in die oond onder boonste element tot eier gestol en kaas gesmelt het.
Foto: Martie Erasmus






