

PATATS ONDER DIE KOMBERS
750 g patats
1 koppie melk
½ koppie botter
50 ml bruinsuiker
1 eier
5 ml vanilla
sout na smaak
Kook die patats in die melk, botter, en suiker tot gaar. Maak die gaar patats fyn, voeg die eier vanilla en sout by en roer deur. Skep die mengsel in ‘n gesmeerde bak en plaas eenkant.
Bolaag
½ koppie bruinsuiker
½ koppie klapper
½ koppie koekmeel
½ koppie botter
Meng die bestanddele en frummel dit bo-oor die patats. Bak vir 30 – 40 min by 180ºC in ‘n voorverhitte oond.
Resep geplaas: Mercia Labuschagne






