
1 groot tamatie
4 snye brood
1 koppie witsous
2 repies spek
4 eetlepels gerasperde kaas Continue reading

1 groot tamatie
4 snye brood
1 koppie witsous
2 repies spek
4 eetlepels gerasperde kaas Continue reading→


KRUMMELPAP
4 – 6 porsies
250 ml water
1 ml sout
500 ml mieliemeel
Bring water en sout tot kookpunt in ’n kastrol. Gooi mieliemeel in die middel van water en maak onmiddellik toe met ’n deksel. Die water moet byna heeltemal wegkook. Wanneer daar net ’n klein bietjie water in die kastrol oor is, roer jy die mieliemeel deur met ’n vurk – dis hoe die krummels vorm.
FOTO: Gideon Louw
Continue reading→
PAMPOENKOEKIES MET BUTTERNUT
2 koppies butternut
4 eetlepels koekmeel
2 teelepels bakpoeier
Meng lekker bymekaar en voeg by
1 teelepel vanilla
1 eier nou roer goed
Dit moet slap wees, maar nie loperig. Bak lekker goud bruin in olie, gooi kaneelsuiker oor en dan lekker eetlepel vol heuning as hulle op mekaar gepak is lekker eet
Anita Groenewald Olderwagen

Marineer die sampioene in olyfolie, Balsamiese asyn, sout en peper. Braai dit in ’n toeknyp roostertjie tot mooi gaar.
Stop met 1 sny brood, geweek in bietjie melk en fyngemaak,
½ teelepel Origanum en so handjie vol gerasperde kaas, ’n desertlepel sagte botter en Cheese en Chives speserye.
Braai tot ligbruin onder die oondrooster.
BRON- Gert Peens
GEBAKTE APPELS MET BACON EN GEDROOGDE PERSKES
appels wat geskik is vir bak soos Granny Smith.
2 eetlepels bruinsuiker
1 teelepel neutpoeier
1 teelepel kaneelpoeier
2 teelepels botter
‘n paar gedroogte perskes of appelkose, fyngekap
bietjie gekapte bacon Continue reading→
HEERLIKE PATATS BY SNOEK
Lekker patats as jy dit so maak soos ek nou gaan verduidelik gaan jy nooit weer patats op ‘n ander manier eet nie.
Let wel hierdie resep nie vir kalorietellers nie!!!!!
Ons maak dit as ons braai en as ons kamp.
Sny die patats met skil en al in 5 cm skywe, sprinkel liggies met sout draai elkeen afsonderlik toe met foelie.
Plaas tussen kole en draai gereeld om. Toets met toetspen indien sag verwyder uit kole.
Elkeen maak sy pakkie oop, sit heuning oor en met geklitste room bo-op. Fantabulooslik!!!!
Elmarie Snyman
EIERVRUG MET STYL
Ek weet nie meer waar die resep sy oorsprong het nie en hoekom ek dit die naam gegee het nie, maar in my eie ou resepteboek het ek dit gedoop: EIERVRUG MET STYL.
3 eiervrugte
4 tamaties, in klein stukkies gekap
1 fyngekapte ui
4 eetlepels olyfolie
½ teelepel elk van basil, majoram en peper
sout na smaak
2 koppies droë broodkrummels
2 eiers
¼ koppie Parmesankaas
2 eetlepels gesmelte botter Continue reading→


RISSIE RYSBALLE
Resep en foto: Anita Groenewald Olderwagen
FOOD LOVERS RECIPES
Kook rys saam met stock cube hoender een, moenie jou rys strain nie, voeg ook bietjie Robertson se rys speserye by. Kook die rys tot dit aanmekaar vas kleef, maar redelik droog is. Sit sout en peper by, proe maar dat dit nie te sout is nie.
Laat dit heeltemal koud word. Sit dan ‘n klein gekapte rooirissie, as jy bang is rooi of groen soetrissie by. Ek rooster die rooi soetrissies, dit maak die geur beter. Jy kan insit soveel soos jy lus het en een klein gekapte ui. Voeg 1 eier by en roer deeglik. Sit 2 teeleels maizena by, dit maak die vorm van die balle makliker. Continue reading→
You cannot copy content of this page
