TAMATIE SNOEPERY

 

FLR BB with Heart

1 groot tamatie
4 snye brood
1 koppie witsous
2 repies spek
4 eetlepels gerasperde kaas
1.Pak brood in gesmeerde pan. Plaas ‘n skyf tamatie bo-op
elkeen. Strooi die kaas bo-oor. Plaas stukkies spek op en
giet die witsous oor.
2. Bak in ‘n warm oond tot die spek gaar en brosserig is.
BRON- CECILIA BEDSER




BENHET SE PAPTERT

 

2014-05-26-benhetpapterttested

Pap

Tamatie en uie smoor

Gebraaide bacon

Sweetcorn

Mushrooms

Gerasperde kaas
Ek het mikrogolf pap gemaak!
Toe n laagie pap en dan tamatie en uie smoor en gebraaide bacon
Toe laagie pap
Toe het ek sweetcon oor gesit
Laagie pap
Toe gebraaide uie en mushrooms en toe gerasperde kaas




KRUMMELPAP

krummelpap gideontested

KRUMMELPAP
4 – 6 porsies
250 ml water
1 ml sout
500 ml mieliemeel

Bring water en sout tot kookpunt in ’n kastrol. Gooi mieliemeel in die middel van water en maak onmiddellik toe met ’n deksel. Die water moet byna heeltemal wegkook. Wanneer daar net ’n klein bietjie water in die kastrol oor is, roer jy die mieliemeel deur met ’n vurk – dis hoe die krummels vorm.

FOTO:  Gideon Louw

Nou toe ek dink julle pap het mooi gekom ek dink ek sou ‘n goeie Valie wees en dit was heerlik ek het maar almal se raad gevat en n middeweg gedoen ek het my pap saam met skaapstertjies en wors ge eet en vroulief het ook n bromkool gereggie gemaak
So het ek die pap gemaak
1 koppie water
500 g mieliemeel
2 eetlepels botter
1 teelepel sout

Bring die water , sout en botter tot kookpunt
Gooi die meer stadig by die water in die middel van die kastrol sodat dit n hopie vorm
Sit die deksel op en moenie oplig nie kook op staaaadige hitte vir +- 15 min
Roer met n wyetoon vurk van buite na binne nie innie rondte nie tot krummels gevorm is
Plaas deksel terug en kook op baaaaaie stadige hitte vir nog 30 — 40 min
ek weet nie wat die kenners se en dink nie maar ek dink ek kwalifaai om noorde toe te trek heheheeeee!!
Ek het dit geniet saam met n blikkie warm gemaakte tamatie smoor wat ek saam met een gekerfde ui op stadige hitte warm gemaak het nadat ek die ui n bietjie gesmoor het




PAMPOENKOEKIES MET BUTTERNUT

2014-05-24-pampoenkoekiestested

PAMPOENKOEKIES MET BUTTERNUT
2 koppies butternut
4 eetlepels koekmeel
2 teelepels bakpoeier
Meng lekker bymekaar en voeg by
1 teelepel vanilla
1 eier nou roer goed

Dit moet slap wees, maar nie loperig. Bak lekker goud bruin in olie, gooi kaneelsuiker oor en dan lekker eetlepel vol heuning as hulle op mekaar gepak is lekker eet

 Anita Groenewald Olderwagen




GROENTE KEBABS

 

2014-05-24-groentekebabs

Aartappel blokkies

Uie skywe

Butternut blokkies

Wortel ringe

 

Ryg op kebab stokkies wat vooraf in water geweek is.

Geur met speserye, sout en peper

Rooster op die kole of in die oond

Maritha Baauw




GEROOSTERDE SAMPIOENE

 

FLR BB with Heart

Marineer die sampioene in olyfolie, Balsamiese asyn, sout en peper. Braai dit in ’n toeknyp roostertjie tot mooi gaar.

Stop met 1 sny brood, geweek in bietjie melk en fyngemaak,

½ teelepel Origanum en so handjie vol gerasperde kaas, ’n desertlepel sagte botter en Cheese en Chives speserye.

Braai tot ligbruin onder die oondrooster.

BRON- Gert Peens




GEBAKTE APPELS MET BACON EN GEDROOGDE PERSKES

2014-05-23-varkfilletsenappels-001tested

GEBAKTE APPELS MET BACON EN GEDROOGDE PERSKES
appels wat geskik is vir bak soos Granny Smith.
2 eetlepels bruinsuiker
1 teelepel neutpoeier
1 teelepel kaneelpoeier
2 teelepels botter
‘n paar gedroogte perskes of appelkose, fyngekap
bietjie gekapte bacon

Haal die stronke van die appels uit maar wees versigtig om die onderkant van die appels heel te hou. Kook die perskes in bietjie water tot sag en braai die bacon in bietjie olie. Meng die suiker, neut en kaneel en strooi dit binne in die appels. Meng die bacon en perskes en vul die appels daarmee. Plaas ‘n stukkie botter bo-op elke appel en mikrogolf dit in ‘n toe bak vir ongeveer 5 minute of tot sag.
Foto: ADAM CLOETE




HEERLIKE PATATS BY SNOEK

HEERLIKE PATATS BY SNOEK
Lekker patats as jy dit so maak soos ek nou gaan verduidelik gaan jy nooit weer patats op ‘n ander manier eet nie.
Let wel hierdie resep nie vir kalorietellers nie!!!!!
Ons maak dit as ons braai en as ons kamp.
Sny die patats met skil en al  in 5 cm skywe,  sprinkel liggies met sout draai elkeen afsonderlik toe met foelie.
Plaas tussen kole en draai gereeld om. Toets met toetspen indien sag verwyder uit kole.
Elkeen maak sy pakkie oop, sit heuning oor en met geklitste room bo-op. Fantabulooslik!!!!

Elmarie Snyman




EIERVRUG MET STYL

2014-05-16-eiervrugmetstyltested

EIERVRUG MET STYL
Ek weet nie meer waar die resep sy oorsprong het nie en hoekom ek dit die naam gegee het nie, maar in my eie ou resepteboek het ek dit gedoop: EIERVRUG MET STYL.
3 eiervrugte
4 tamaties, in klein stukkies gekap
1 fyngekapte ui
4 eetlepels olyfolie
½ teelepel elk van basil, majoram en peper
sout na smaak
2 koppies droë broodkrummels
2 eiers
¼ koppie Parmesankaas
2 eetlepels gesmelte botter
Sny een eiervrug in klein blokkies en sny die ander in lengteskywe. Bestrooi met sout en laat dreineer vir ongeveer 30 minute. Spoel die sout af en meng die eiervrugblokkies met die tamatie en ui. Braai hierdie mengsel in die olyfolie tot alle vloeistof verdamp het en verplaas dit na ‘n mengbak. Voeg die broodkrummels, geurmiddels, geklitste eiers en kaas daarby en meng goed. Rangskik die eiervrugskywe teen mekaar in ‘n vlak oondbak om die hele bodem te bedek en verf elkeen met gesmelte botter. Skep lepelsvol van die groentemengsel bo-op elke skyf. Bak in die oond by 180ºC vir 20 – 25 minute of tot die bokant goudbruin is.
Resep en foto:  ADAM CLOETE




RISSIE RYSBALLE

2014-05-15-chillyrysballe

RISSIE RYSBALLE
Resep en foto:  Anita Groenewald Olderwagen
FOOD LOVERS RECIPES
Kook rys saam met stock cube hoender een, moenie jou rys strain nie, voeg ook bietjie Robertson se rys speserye by. Kook die rys tot dit aanmekaar vas kleef, maar redelik droog is.   Sit sout en peper by, proe maar dat dit nie te sout is nie.
Laat dit heeltemal koud word. Sit dan ‘n klein gekapte rooirissie, as jy bang is rooi of groen soetrissie by. Ek rooster die rooi soetrissies, dit maak die geur beter. Jy kan insit soveel soos jy lus het en een klein gekapte ui. Voeg 1 eier by en roer deeglik. Sit 2 teeleels maizena by, dit maak die vorm van die balle makliker.Rol die balletjies met nat hande en dan in brood krummels. Wanneer almal klaar is, sit in die yskas so vir 2 ure om meer te stol.  Braai dan in diep olie.
Ek het rissiesous die somer gekook, so ek gebruik daarvan saam met ‘n pakkie room hoendersoppoeier en skep dit oor die gaar balle. Inteendeel jy kan jou eie soort sous bo oor maak dis yummy. Speel bietjie met jasmine of basmati rys ook of soet-suur sous bo oor.

Nota:Wat lekker is, is as jy blokkie kaas reg in die middel sit as jy byt, trek die kaas so lekker.