GEBAKTE APPELS MET BACON EN GEDROOGDE PERSKES
appels wat geskik is vir bak soos Granny Smith.
2 eetlepels bruinsuiker
1 teelepel neutpoeier
1 teelepel kaneelpoeier
2 teelepels botter
‘n paar gedroogte perskes of appelkose, fyngekap
bietjie gekapte bacon
Haal die stronke van die appels uit maar wees versigtig om die onderkant van die appels heel te hou. Kook die perskes in bietjie water tot sag en braai die bacon in bietjie olie. Meng die suiker, neut en kaneel en strooi dit binne in die appels. Meng die bacon en perskes en vul die appels daarmee. Plaas ‘n stukkie botter bo-op elke appel en mikrogolf dit in ‘n toe bak vir ongeveer 5 minute of tot sag.
Foto: ADAM CLOETE








