Varkfillette
olyfolie
sout en witpeper
3 eetlepels heuning
3 eetlepels balsamic asyn
2 teelepels vars tiemieblare
3 eetlepels calvados
Nota: Calvados is ‘n Franse appelbrandewyn wat onbetaalbaar duur is en jy heel waarskynlik nog sal moet invoer ook. Ek het gedink dat ‘n goeie plaasvervanger daarvoor gewone goeie brandewyn gemeng met bietjie appelsap kan wees.
Smeer die fillette met olyfolie en geur dit met die sout en peper na smaak. Maak ‘n pan baie warm en plaas die fillette daarin. Laat dit in die olie braai sonder om dit onnodig rond te skyf. Skud die pan en wanneer dit vanself loskom van die pan kan jy dit met ‘n knyper en nie ‘n vurk nie, omdraai. Braai tot goudbruin aan alle kante. Gooi nou die Calvados of vervanger oor asook die heuning en tiemie. Laat dit vinnig verder braai vir ‘n paar sekondes en voeg dan die balsamic asyn by. Die asyn neutraliseer die soetheid van die heuning so bietjie. Sorg dat die sous goed aan die vleis vaskleef, haal uit die pan en bak vir ‘n kort rukkie verder in die oond of mikrogolf indien jy dit meer gaar wil hê. Sny in skyfies en bedien met die sous wat in die pan oor is.
Resep geplaas deur ADAM CLOETE
Foto: Adam Cloete








