

BUTTERSCOTCH KAASKOEK
Maak n kors van Oreo beskuitjies en gesmelte botter en druk vas op die bodem van n bakpapier gevoerde springform koek pan ( 22 cm) Sit in yskas terwyl jy die vulsel maak.
2 blokke roomkaas ( 500g )
1 koppie dik room. ( 250 ml)
1 blik kondensmelk
2 eetlepels suurlemoensap.
2 pakke butterscotch instant mousse.
1 peppermint crisp gerasper
1/2 van 1 groot melksjokolade gerasper.Bere die res vir versiering
1 eetlepel gelatien opgelos in 1/4 koppie kookwater en afgekoel.
Gekoopte butterscotch roomyssous vir bo oor
Sit die roomkaas,room ,kondensmelk en suurlemoensap in die bak van n elektriese menger en klits goed.
Klits die mousse en sjokolades by en laastens die gelatien.
Skep in die voorbereide kors.
Drissel die butterscotch sous bo oor en meng liggies net op die oppervlakte met n skerp punt mes. Sny die res van die sjokolade met n groenteskillertjie in skaafsels bo oor.
Verkoel oornag en ontvorm dan op n opdienbord.
BRON- Hettie Bezuidenhout- my eie resep.






