60ml margarien
1 groot uie gekap
5ml fyn koljander
5ml fyn gemmer
2ml borrie
500g wortels opgesny
100g papats geskil en gesny
875ml hoender aftreksel
125ml melk
1 Knorr Garlic en Herb Potato Bake
150 ml room
7ml heuning
1. Verhit margarien in groot pot en braai uie oor medium hitte tot deurskynend. Voeg by die koljander, gemmer en borrie by.
2. Voeg wortels en patats by die uie en gooi aftreksel oor. Kook tot die groente sag is. Voeg by die melk en potato bake.
3. Plaas die groente mengsel in voedselverwerker en puree tot gladde mengsel.
4. Meng helfte van room in by sop en skep op in sopbordjie. Drup paar druppels heuning oor sop en gooi bietjie ekstra room bo-oor.
5. Garneer met takkie tiemie.
NS: Ek kon nie potato bake kry nie en het Veggie Bake Garlic in gegooi.
Hemels heerlik!! My mense het die pot uitgelek. Ek het bedien met vars broodrolletjies.
BRON- Elsabé Mulder Barnard








