

RINDI SE KARRINGMELK BESKUIT
1 kg bruismeel
5 ml bakpoeier
10 ml sout
2 eiers
200 ml suiker
190g stork margarine
500 ml karringmelk
5 ml anys (opsioneel)Sif die bruismeel, bakpoeier en sout 2x saam. Voeg anys by. Klits die eiers, karringmelk en suiker saam. Sny die eiermengsel in die droë bestanddele in. Knie die deeg liggies en voeg die gesmelte margarine bietjie vir bietjie by terwyl jy knie. Maak balletjies van die deeg en pak in gesmeerde panne.
Bak in oond van 180ºC vir 55 – 60 minute. Keer uit. Breek los en droog oornag teen 90 ºC (rys hoog)
Resep en foto: Rindi Scheepers-Becker






