


ROMERIGE MOSSELBROODJIES
Genoeg vir 4 mense
2 blikke (85g elk) mossels, gedreineer
1 groot ui, gerasper
3 knoffelhuisies, gekap
250 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper
125 ml (½ k) mayonnaise
1 Franse brood/panini/ciabatta, in dik skywe gesny (8 skywe)
Voorverhit die oond tot 200 °C.
Meng die mossels, ui, knoffel, kaas en mayonnaise. Verdeel die mosselmengsel tussen die broodskywe en smeer rofweg op elkeen.
Pak die broodskywe op ’n bakplaat en rooster 10 minute of tot die mengsel op die broodskywe effens goudbruin begin raak.
Sit dadelik voor saam met slaai.
FOTO- Elna Erasmus en Ronel Muller Thoma
Ronel Muller Thoma – Wat ek gedoen het is ek het nie blikkie mossels gehad nie net gevriesdes! Ek het so n pakkie gevat en bietjie Rama ingegooi in potjie en gaar gekook! Het niks bygegooi nie net so gebruik!






