

KNOFFEL EN UIE RINGBROOD
Vriende wat gevra het, ek koop nooit deeg nie, knie my eie broodjies.
4 koppies koekmeel
1 pakkie gis
2 teelepels suiker
5 ml sout
louwarm water, ongeveer 1 koppie
Knie tot jy ‘n lekker elasties deeg kry, maak toe en laat rys 15 minute.
Knie af, maak bolletjies, sit in ringpan.
Smelt gedroogte uie, gedroogte knoffel, gedroogte pietersielie en smelt saam so 3 eetlepels botter, gooi oor deeg. Laat rys weer vir so 15-20 minute. Bak op 180°C vir 20 minute, walla!
Resep van Hettie Botha
Category Archives: Brood / Bread
RINA SE PAMPOENBROODJIE


Rina se PAMPOENBROODJIE
Resep: Rina Kleinhans
Foto: Helene Kluge – My weergawe
FOOD LOVERS RECIPES
500 ml gaar pampoen fyn gedruk
125 ml advokado olie of olie van jou keuse
250 ml koekmeel
250 ml nutty wheat
2 ml kaneel
2.5 ml bakpoeier
5 ml koeksoda opgelos in 30 ml melk
375 ml suiker ( indien die pampoen reeds soet is, verminder na 250ml)
2 eiers geklits
2 ml neutmuskaat
2 ml sout
Continue reading
PIESANGBROOD MET OLIE





PIESANGBROOD MET OLIE
Resep en foto: Petre Van Jaarsveld
Foto’s: Marina Van Wyk, Desiré Watkins, Cerelia Jackson
FOOD LOVERS RECIPES
Die brood bly ‘n week lank lekker omdat hy olie in kry in plaas van botter.
2 koppies koekmeel
1 teelepel bakpoeier
2 eiers
1 koppie suiker
½ teelepel sout
4 fyngedrukte piesangs
½ koppie olie
1 teelepel vanilla geursel
½ koppie melk + ¾ teelepele koeksoda – nie afgeskraap Continue reading
BROOD MET POTATO BAKE
BROOD MET POTATO BAKE
500 g bruismeel
1 pakkie potatobake (jou keuse)
250 ml kaas, gerasper
5 ml kruie
500 ml karringmelk/ongegeurde joghurt
Meng alles deur en gooi in gesmeerde koekpan.
Raper kaas bo-oor en bak in voorverhitte oond by 180°C vir ongeveer uur!
Nota: ek het dit in muffin panne gebak en bietjie groen uie bygesit. – Gigi
Dankie Ursula Botha vir die resep – Belinda Nell (BRON EPOS VRIENDE)
Foto: Gigi Willians
GRONDBOONTJIEBOTTER BROODJIE
KNOFFEL-KAASBROOD


KNOFFEL-KAASBROOD
500 g bruismeel
1½ koppies gerasperde cheddarkaas
1 teelepel Knoffelvlokkies
500 ml karringmelk
1 teelepel Marjolein
2 eiers
Knypie rooipeper
Knypie sout
Meng al die bestanddele saam. Skep in ‘n gesmeerde broodpan, strooi ‘n bietjie gerasperde kaas oor en bak in ‘n voorverhitte oond teen 180°C vir 1 uur.
Foto en Resep: Adri van Staden
SAVOURY CHEESE AND ONION LOAF


SAVOURY CHEESE AND ONION LOAF
(15 – 22 slices)
500 g self-raising flour
5 ml baking powder
1 packet white onion soup (Knorr)
Pinch of mixed herbs
5 ml Aromat
1 cup Cheddar cheese – grated
500 ml buttermilk or Amazi
1 extra large egg Continue reading
DAWID SE HEERLIKE WITBROOD

DAWID SE HEERLIKE WITBROOD
Dit is ‘n basiese resep met 1Kg meel, sout suiker en gis wat ek aangepas het. My resep is
8 koppie broodmeel (+/- 2 kg)
20-30 ml sout
50 ml suiker
20 g kits suurdeeg
700 ml sterk louwarm melk
30 g botter (nie marg nie) Continue reading
KOOKWATER SUURDEEG
KOOKWATER SUURDEEG
Dis n lang proses.Wees gewaarsku.
Die aand voor jy bak, moet jy jou suurdeeg begin maak.
Kook so 2L water. Skil 2 groterige aartappels en sny in kwarte of rasper die aartappel.
Laat water afkoel sodat jy nie brand as ju jou hand daarin steek nie. Plaas in n groot kastrol met ‘n deksel. Hy moet omtrent 5L vloeistof kan vat. Nie ‘n aluminium kastrol. Hy slaan aan. Plaas die water daarin,1 eetlepel sout en 1 eetlepel suiker en 1 eetlepel koeksoda.
Sit so 2 koppies witbroodmeel bo-op die water met so ‘n hopie meel in die middel.
Sit die kastrol in ‘n plastiekskottel met warm water en maak die hele konkoksie toe en sit ‘n warmwatersak of elektriese kombers by hom aan om warm te bly deur die nag.
Die volgende oggend roer jy die hele storie deurmekaar.
Voeg nog ‘n bietjie sterk warm water by en sitweer meel so bo-op in die kastrol.
Hou weer warm. Kyk so na ‘n uur. Die inhoud moet omtrent lyk soos die foto hierbo. As hy nog nie so lyk nie, hou hom nog warm vir ‘n uur en kyk weer. Sterkte.
Resep en foto: Dawie van den Heever
ERNO SE AANGEPASTE 4 BESTANDDEEL GESONDHEIDS PIESANGBROOD


ERNO SE AANGEPASTE 4 BESTANDDEEL GESONDHEIDS PIESANGBROOD
Hier volg die aanpassing:
1 klein pakkie bruismeel (500 ml)
5 middelslag oorryp piesangs (fyn gemaal)
1 Blik Caramel Kondensmelk (360 g)
1/3 koppie sonneblom saad
ongeveer 100 ml melk (Die melk is nie eintlik nodig nie. Ek het maar gebruik omdat mengsel bietjie droog was. Ek neem aan mens kon dalk net ‘n ekstra piesang of twee ook bygesit het) Continue reading




