




PIESANGBROOD MET OLIE
Die brood bly ‘n week lank lekker omdat hy olie in kry in plaas van botter.
2 koppies koekmeel
1 teelepel bakpoeier
2 eiers
1 koppie suiker
½ teelepel sout
4 fyngedrukte piesangs
½ koppie olie
1 teelepel vanilla geursel
½ koppie melk + ¾ teelepele koeksoda – nie afgeskraap
Voorverhit oond tot 150°C.
Klits eiers en suiker saam.
Voeg olie, vanilla geursel en sout by.
Voeg koekmeel en bakpoeier by.
Meng melk en koeksoda, en voeg bietjie-vir-bietjie by die mengsel.
Voeg piesangs by en meng goed.
Gooi in gesmeerde broodpan.
Bak vir ’n uur.
Foto 1: Marina Van Wyk, Desiré Watkins, Cerelia Jackson
Suurlemoenversiersel
30 ml botter/margarien
1 ½ koppie versiersuiker
1 teelepel gerasperde suurlemoenskil
15 ml suurlemoensap
Verroom botter, versiersuiker en suurlemoenskil.
Voeg suurlemoensap by en klits tot romerig.
Resep en Foto: Petre Van Jaarsveld







geskuif
Ek het resep op die blog gekry – al verskil is ek het dit in my air fryer gemaak
150° vir 1 uur met extender
Natacha Visagie