WIT LAAGKOEK – CUPCAKES
(ek gebruik die resep vir groot koeke, cupcakes)
4 eiers
1 ½ koppies suiker
1 teelepel vanilla geursel
½ teelepel sout
2 koppies koekmeel (½ koppie meel ekstra vir cupcakes)
1 eetlepel melkpoeier
2 teelepel bakpoeier (hoogvol)
½ koppie olie
1 koppie kookwater
Klits eiers en vanilla tot skuim, voeg suiker bietjies gewys by. Klits baie goed, tot mengsel lig geel is.
Sif koekmeel, sout, bakpoeier en melkpoeier twee keer. Meng olie en water saam. Meng droë bestanddele bietjies gewys by eiermengsel, terwyl menger stadig klits. Voeg laaste olie en watermengsel by en roer met ‘n houtlepel tot goed gemeng. Skep in voorbereide pannetjies, bak vir 15 min in voorverhitte oond van 180 ºC. (25-30 min indien jy laagkoek bak in twee panne)
Foto: Adri Liebenberg
Hierdie resep is al wat ek gebruik. Vir my sjokolade koeke gebruik ek dieselfde, net ½ koppie kakao by en ¼ koppie suiker meer.
Ek het so 2 teelepels van my vars granadilla bygevoeg. Toe het ek dit met cream cheese botter versiersel versier en die pulp oor geskep. Wat ek net oor bekommerd voel, is die witterige “sap” wat uit die pulp loop. Dis heeeeeerlik maar weet nie hoekom dit so maak nie.