Dis n lang proses.Wees gewaarsku.Die aand voor jy bak,moet jy jou suurdeeg begin maak.Kook so 2L water.Skil 2groterige aartappels en sny in kwarte.Of rasper die aartappel.Laat water afkoel sodat jy nie brand as ju jou hand daarin steek nie.Gooi in n groot kastrol met n deksel.Hy moet omtrent 5L vloeistof kan vat.Nie n aluminium kastrol.Hy slaan aan.Gooi die water daarin.1 Eetlepel sout en 1 eetlepel suiker en 1 eetlepel koeksoda.Gooi so 2 koppies witbroodmeel bo-op die water met so n hopie meel in die middel.Sit die kastrol in n plastiekskottel met warm water en maak die hele konkoksie toe en sit n warmwatersak of elektriese by hom aan om warm te bly deur die nag.Die volgende oggend roer jy die hele storie deurmekaar.Gooi nog n bietjie sterk warm water by en gooi weer meel so bo-op in die kastrol.Hou weer warm.Kyk so na n uur.Die inhoud moet omtrent lyk ssos die foto hierbo.As hy nog nie so lyk nie,hou hom nog warm vir n uur en kyk weer.Sterkte.
Dawie van den Heever