

ERNO SE AANGEPASTE 4 BESTANDDEEL GESONDHEIDS PIESANGBROOD
Hier volg die aanpassing:
1 klein pakkie bruismeel (500 ml)
5 middelslag oorryp piesangs (fyn gemaal)
1 Blik Caramel Kondensmelk (360 g)
1/3 koppie sonneblom saad
ongeveer 100 ml melk (Die melk is nie eintlik nodig nie. Ek het maar gebruik omdat mengsel bietjie droog was. Ek neem aan mens kon dalk net ‘n ekstra piesang of twee ook bygesit het)
Meng alles deeglik saam en skep in twee gesmeerde broodpannetjies. Laat staan vir so tussen 20 -30 minute sodat dit kan rys. Voorverhit oond tot 180 grade en bak dan vir so 20-25 minute (afhangende van stoof gehalte)
BRON- Erno van Dyk






