KNOFFEL-KAASBROOD
500 gr. bruismeel
1.5 koppies gerasperde cheddarkaas
1 tl. Knoffelvlokkies
500 ml. karringmelk
1 tl. Marjolein
2 eiers
Knypie rooipeper
Knypie sout
Meng al die bestanddele saam. Gooi in ‘n gesmeerde broodpan, strooi ‘n bietjie gerasperde kaas oor en bak in ‘n voorverhitte oond teen 180°C vir 1 uur.
Foto en Resep: Adri van Staden