

KNOFFEL-KAASBROOD
500 g bruismeel
1½ koppies gerasperde cheddarkaas
1 teelepel Knoffelvlokkies
500 ml karringmelk
1 teelepel Marjolein
2 eiers
Knypie rooipeper
Knypie sout
Meng al die bestanddele saam. Skep in ‘n gesmeerde broodpan, strooi ‘n bietjie gerasperde kaas oor en bak in ‘n voorverhitte oond teen 180°C vir 1 uur.
Foto en Resep: Adri van Staden






