KARLEN SE VEREBESKUIT
Die bottel op die stoof is die gis. Die groen bak het die bottermengsel in. Dan in jou mengbak gooi jy 4 koppies witbroodmeel en 3 eiers. Dan gooi jy die gismengsel en die bottermengsel by jou eier/meel mengsel . Roer dit. Gooi dan 12 koppies van die silky soft meel by en laat die masjien dit knie vir 20 minute. Maak toe vir so uur. Haal uit en maak jou bolletjies met jou gesmeerde hande. Ek maak 5 broodpanne vol en daars 21 bolletjies in elke pan. MAAK SEKER JOU BOTTERMENGSEL IS AFGEKOEL ANDERS GAAN JOU DEEG TE WARM WEES EN JOU SUURDEEG GAAN VREK ! Continue reading















