KARLEN SE VEREBESKUIT
Die bottel op die stoof is die gis. Die groen bak het die bottermengsel in. Dan in jou mengbak gooi jy 4 koppies witbroodmeel en 3 eiers. Dan gooi jy die gismengsel en die bottermengsel by jou eier/meel mengsel . Roer dit. Gooi dan 12 koppies van die silky soft meel by en laat die masjien dit knie vir 20 minute. Maak toe vir so uur. Haal uit en maak jou bolletjies met jou gesmeerde hande. Ek maak 5 broodpanne vol en daars 21 bolletjies in elke pan. MAAK SEKER JOU BOTTERMENGSEL IS AFGEKOEL ANDERS GAAN JOU DEEG TE WARM WEES EN JOU SUURDEEG GAAN VREK !
Gismengsel:
2 pakkies droë gis (10 g)
45 ml suiker
45 ml koekmeel
750 ml sterk lou water
Meng saam in groot fles wat kan toeskroef. Sit eenkant om gis te aktiveer.
Bottermengsel:
250 g WIT botter
3 koppies suiker
3 koppies melk
Smelt alles saam tot gesmelt. Sit eenkant om af te koel.
Klits 3 eiers en gooi dit in jou mengbak met 4 koppies witbroodmeel.
Gooi dan die afgekoelde bottermengsel en die gis mengsel by en roer deeglik.
Maak toe vir n uur.
Gooi dan 12 koppies van die Silky White meel by en knie tot deeg van kante wegtrek.
Smeer hande en maak bolletjies.
Laat jou balletjies oornag rys en bak die volgende oggend.
So 180°C vir 25 – 30 min, of tot dit wegtrek van die kante. Ek sit ‘n stukkie tinfoil oor my panne, sodat die bokante nie so donker bak nie.










