12 koppies koekmeel
desert lepel sout
2 pers pakkies anchor yeast
pakkie anys saad
2 kp suiker
4 eiers geklits in half koppie olyf olie.
1 liter lou warm water
Roer olyf olie mengsel in sterk lou water in. Sit Alle droë bestandele in knie skottel meng deurmekaa, voeg vloeistof mengsel by en meng met mes tot redelik ingesny. Knie deur, gebruik olyf olie op hande om te knie. Voeg meel of olyf olie by tot deeg elasties is. Verdeel deeg in 3 en plaas elke deel in plastiek sakkie. Druk wind uit en knoop toe. Laat staan op kas en laat rys tot dubbel grootte. Knie terug…Rol in balle pak in panne en bak op 180 grade C vir 30 tot 35 minute. Sny en droog uit indien verkies.
Resep en foto: Ria Magdalena Susanna








