KARRINGMELK BESKUIT MET KLAPPER
My baksel karringmelk resep gister gebak, bietjie verander, gaan nou resep plaas. Foto nie baie duidelik nie, is met die tablet geneem in die aand.
1,5 kg bruismeel
2 teelepels sout
2 koppies suiker
500 g stork bake
500 ml karringmelk
3 geklitste eiers
Dan het ek 1 koppie klapper bygesit en die mengsel in twee gedeel by die een helfte mengsel het ek choc chip bygesit.
Meng al die droë bestanddele goed deur.
Smelt die botter sommer in die mikrogolf en laat bietjie koud word. Voeg karringmelk by en klits, Voeg dan eiers by. Meng alles saam tot ferm deeg, meng sommer met die hand. Sit in pan. Bak op 180°C vir plus minus 40 minute. Ek het deur nag in my lou oond uitgedroog.
Foto: Marie Rheeder Troskie









Beskuit is heerlk.