Gooi 1ste 4 bestanddele in ‘n kastrol en verhit tot kookpunt (moenie kook nie) Roer tot gesmelt en glad. Laat afkoel.
Klits die volgende 2 bestanddele saam in ‘n aparte bak en hou eenkant.
Sif die laaste 3 droe bestanddele in ‘n ander bak.
Voeg afgekoelde mengsel en eier/ jogurt mengsel bymekaar deur mengsel bietjie vir bietjie by te roer. Roer tot alle klonte uit is.
Voer Amstel bier box uit met heavy duty foelie. Amstel box is kleiner en sewiger en werk die beste. Die blinkkant van foelie moet na box wys.
Smeer met Margarien of spuit goed. Gooi koekdeeg in foelie in box. Stamp al die lugblasies uit.
Bak by 180 grade C plus minus 1 en half uur of tot mes skoon uitkom.
Terwyl jy vir koek wag maak versiering in kastrol wat warm oor effe afgekoelde koek gegooi word. Versiering:
Smelt 150 g stork bake, moenie kook, voeg 4 eetlepels kakao en 2 teelepels vanilla by.
Voeg 3 koppies versiersuiker by meng goed.
Gooi halwe koppie kookwater by meng tot daar geen klonte in is nie.
Druk deur sif as klonte nie uitgeroer kry nie.
Gooi nou laaste 6 eetlepels arbei joghurt by en meng deur.
Gooi oor effe afgekoelde koek en versier met styfgeklitste room en vars aarbeie.
Nota:
Ek het hom jare terug op ‘n e-mail gekry maar kan nie onthou wie hom vir my gestuur het nie. Intussen het ons hom so bietjie aangepas om ons te pas. Versiersel kan gehalveer word as mense hom nie so nat wil he nie. Ons verkies hom nat. My vriend Riaan het die resep al in my vriendin se “Coffee shop” gemaak. Mense was mal daaroor en nou neem hy bestellings. Hy halveer die versiersel. Ek het nog nooit weer ‘n ander koek gebak vandat ek die resep gekry het nie. Dit is fantasties lekker.
Resep: Isa Uys
Foto: May van der Merwe en Amanda Van Rooyen
Third Photo: Lisinda Blaauw (I made two)











Amanda Van Rooyen
Het toe die “bierbox koek” gebak! Moes inderhaas nog ‘n koek bak Die bierbox koek is so klam, nie eens nodig vir versier nie! En wel, vrek lekker…. Dit gaan nie die verjaarsdag tafel maak nie!
Dankie vir die aanbeveeling, sal die resep mooi op pas.