
WILDSBOUD IN BIER
3 kg Wildsboud
250 g varkspek of skaapstertvet
500 ml bier
50 ml BBQ spesery
25 ml knoffelsout
30 ml botter
50 ml bruinsuiker
10 ml sout
3 ml grofgemaalde swart peper Continue reading

WILDSBOUD IN BIER
3 kg Wildsboud
250 g varkspek of skaapstertvet
500 ml bier
50 ml BBQ spesery
25 ml knoffelsout
30 ml botter
50 ml bruinsuiker
10 ml sout
3 ml grofgemaalde swart peper Continue reading→

SPRINGBOKFILET MET BILTONGKORS
1 Springbokfilet , so 1 kg
Sout en peper
100 ml koekmeelblom
125 ml fyn biltong
Voorverhit oond tot 160 °C. Geur die filet met sout en peper . Rol in die meel, daarna in geklitste eier en laastens in die biltong. Oondbraai 15-20 min tot gaar buite-om, maar steeds pienk binne-in. Moet nie TE gaar maak nie. Draai in foelie toe, en laat rus 10 minute in lou-oond. Verhit n riffelpan tot rookwarm en panbraai vinnig. Sny in porsies en sit voor met groente en Uiemarmelade
Resep: Carol Elliott Claassen


GEKRUMMELDE WILDSFILETTE
BAIE BAIE LEKKER
Enige groot filet of rump
Ontsening en sny in skywe
Meng 410 g ingedampte melk of karringmelk
25 ml aangemaakte mosterd
15 ml worcestersous
Marineer vir 2 dae in hierdie mengsel. Haal filette uit en droog af.
Berei krummelmengsel in plastieksakkie:
Krummels, sout, swart peper, Maggie-geursel en 25ml maizena. Plaas vleis in sakkie met krummelmengsel en skud goed. Haal uit en sit in die yskas vir 2 ure. Verhit olie in ysterpot, braai albei kante tot bruin. Plaas op opdienbord. Sit op elke filet ‘n kaaswiggie. Plaas terug in die oond (grill) tot kaas gesmelt het. Pasop vir brand.
Bedien met chips en mengelslaai.
Daar doer in die Kalahari – geplaas deur Rina Kleinhans

WILDSTEAK BLINDEVINKE
6 -8 plat skywe kudu of wilds steaks
1 pakkie spek (bacon) sonder swoerd
Sout/peper/fondor/braaivleisspeserye
1 groot lourierblaar
5 swart peperkorrels
suurlemoensap
250 ml room
125 ml skaap of varkvet of botter vir braai Continue reading→


FYN GESTOOFDE WILDSVLEIS
1 kg wildsvleis, nek, bors, bene ens
200 g varkspek
10 ml sout
10 peperkorrels
2 lourierblare
6 naeltjies
knippie peper
25 ml asyn
50 ml rooiwyn
Plaas stukke vleis en spek in swaarboomkastrol, voeg, naeltjies en peperkorrels by, bedek met water. Kook vir 3-4 ure tot sag. Voeg res van die speserye by na 2 uur se kook. Verwyder al die beentjies en senings en vlok die vleis fyn. Hierdie vleis kan lank gevries word. Gebruik suurroomkors om pastei te maak.
SUURROOMKORS
375 ml koekmeel
1 ml sout
125 ml botter
125 ml suurroom
Sif meel en sout saam, vryf botter met die vingerpunte in die meel in. Voeg nou die suurroom by om ‘n stywe deeg te vorm. Rol die deeg uit en plaas bo-op vleis. Bak vir 20-30 min by 200º C tot ligbruin en bedien warm.
Resep: Rina Kleinhans

WILDSLEWER IN SUURSOUS
1 lewer en niere
500 ml room
5 ml sout
1 ui, gekap
peper na smaak
25 ml Maizena
450 ml asyn
olie vir braai
Sny lewer en niere in klein blokkies. Braai lewer, niere en uie in olie en bietjie water.
Plaas deksel op pot en prut vir 10 – 15 min.
Meng nou die room, Maizena en asyn en roer dit stadig by die gaar lewer en niertjies.
Bedien saam met roosterbrood of lekker stywe mieliepap.

LEWERSMEER
1 lewer, ontvlies
500 ml botter
2 groot uie, gekap
15 – 20ml sout
10 ml suiker
knippie van elk: neut, naeltjies en peper
25ml brandewyn
Soteer uie in die helfte van die botter. Bak die lewer in die ander helfte van die botter.
Maal nou die lewer en uie deur ‘n fyn siffie. Voeg alle ander bestandele by en meng deeglik.
Maal alles weer vir ‘n tweede keer. Plaas in glashouer en bewaar in yskas. Bedien op growwe brood.

WILDSPASTEI
1.5kg skenkels met vleis aan of opgesaagte nek
½ pakke ontbytspek of 2 russians opgesny
1 teel sout
1 ui gekap
250g vars sampioene of 1 blikkie
25ml asyn
Peper na smaak
4 heel naeltjies
15ml worcestersous
2 teel bisto Continue reading→
GEURIGE WILDSBOUD
HIERDIE EEN IS ABSOLUTE WENNER
1 GROOT WILDSBOUD
300 g varkspek in repe gesny (of bacon)
4 groot knoffelhuisies
Pitlose rosyntjies
Marinade:
250 ml Chateau Libertas
250 ml Kookolie
250 ml asyn
3 middelslag uie in ringe gesny
6 heel naeltjies ( 2ml fyn naeltjies)
5 ml suurlemoenpeper Continue reading→

GEVULDE WILDSVLEIS RIBBETJIE
Geplaas deur Rina Kleinhans
FOOD LOVERS RECIPES
2 kg wildsvleis rib, ontbeen en gesout
200 g bees maalvleis
1 knoffelhuisie gekneus
5 ml gekapte tiemie
200 ml appelsap
250 ml gedroogte appelkose
5 ml sout
3 repies spek opgesny
100 g margarien Continue reading→
You cannot copy content of this page
