WILDSLEWER IN SUURSOUS
1 lewer en niere
500 ml room
5 ml sout
1 ui, gekap
peper na smaak
25 ml Maizena
450 ml asyn
olie vir braai
Sny lewer en niere in klein blokkies. Braai lewer, niere en uie in olie en bietjie water.
Plaas deksel op pot en prut vir 10 – 15 min.
Meng nou die room, Maizena en asyn en roer dit stadig by die gaar lewer en niertjies.
Bedien saam met roosterbrood of lekker stywe mieliepap.