

FYN GESTOOFDE WILDSVLEIS
1 kg wildsvleis, nek, bors, bene ens
200 g varkspek
10 ml sout
10 peperkorrels
2 lourierblare
6 naeltjies
knippie peper
25 ml asyn
50 ml rooiwyn
Plaas stukke vleis en spek in swaarboomkastrol, voeg, naeltjies en peperkorrels by, bedek met water. Kook vir 3-4 ure tot sag. Voeg res van die speserye by na 2 uur se kook. Verwyder al die beentjies en senings en vlok die vleis fyn. Hierdie vleis kan lank gevries word. Gebruik suurroomkors om pastei te maak.
SUURROOMKORS
375 ml koekmeel
1 ml sout
125 ml botter
125 ml suurroom
Sif meel en sout saam, vryf botter met die vingerpunte in die meel in. Voeg nou die suurroom by om ‘n stywe deeg te vorm. Rol die deeg uit en plaas bo-op vleis. Bak vir 20-30 min by 200º C tot ligbruin en bedien warm.
Resep: Rina Kleinhans






