
WILDSPASTEI
1.5kg skenkels met vleis aan of opgesaagte nek
½ pakke ontbytspek of 2 russians opgesny
1 teel sout
1 ui gekap
250g vars sampioene of 1 blikkie
25ml asyn
Peper na smaak
4 heel naeltjies
15ml worcestersous
2 teel bisto
KORS
125ml meelblom
2 teel bakpoeier
Knippie sout
2 eetl botter
½ kp melk
1 eier
Bedek skenkels met water in dikboomkastrol. Voeg asyn, naeltjies, uie, sout en peper by en kook vir 3-5 uur oor matige hitte tot sag. (kan ook in in die druk koker gedoen word, dan is die tyd baie korter.) Voeg nou die ontbytspek/Russians en sampioene by en kook nog vir 30 min. Verdik nou die sous in die kastrol met bisto en worcestersous. Skep oor in vuurvaste bak. Maak pasteikors.
Sif al die droe bestandele . Vryf botter met vingerpunte in die meel in. Klits die eier en voeg die melk by. Meng die meel om ‘n slap deeg te vorm. Skep met lepel oor warm gaar vleis en bak vir 10min by 200 grade tot goudbruin. Geniet hom
Bron: Greeff Heydenrych






