GEKRUMMELDE WILDSFILETTE
BAIE BAIE LEKKER
Enige groot filet of rump
Ontsening en sny in skywe
Meng 410 g ingedampte melk of karringmelk
25 ml aangemaakte mosterd
15 ml worcestersous
Marineer vir 2 dae in hierdie mengsel. Haal filette uit en droog af.
Berei krummelmengsel in plastieksakkie:
Krummels, sout, swart peper, Maggie-geursel en 25ml maizena. Plaas vleis in sakkie met krummelmengsel en skud goed. Haal uit en sit in die yskas vir 2 ure. Verhit olie in ysterpot, braai albei kante tot bruin. Plaas op opdienbord. Sit op elke filet ‘n kaaswiggie. Plaas terug in die oond (grill) tot kaas gesmelt het. Pasop vir brand.
Bedien met chips en mengelslaai.
Daar doer in die Kalahari – geplaas deur Rina Kleinhans