
WILDSBOUD IN BIER
3 kg Wildsboud
250 g varkspek of skaapstertvet
500 ml bier
50 ml BBQ spesery
25 ml knoffelsout
30 ml botter
50 ml bruinsuiker
10 ml sout
3 ml grofgemaalde swart peper
Lardeer die boud met die spek of vet. Marineer die vleis in die bier vir 2 dae, draai gereeld om. Verwyder die vleis uit die marinade en vryf droog. Braai die vleis bruin in verhitte botter en voeg verhitte marinade en die res van die bestanddele by. Prut vir
3-4 ure of tot die vleis sag is en sit voor.
Food Lovers Recipes






