

LEMON PRESERVE
Moroccan and Middle Eastern recipes often call for preserved or pickled lemons, that have been pickled in salt and their own juices. Place 2 Tbsp of salt in the bottom of a sterilized jar. Wash and dry a couple of fresh lemons. Cut off any protruding stems from the lemons. Cut lemons into quarters.
Author Archives: Rina Kleinhans
KLAPPERYS (ONGEKOOK)
Meng goed saam in ‘n mengbak, verdeel in twee. Druk een helfte in gesmeerde pan van 20 x 25 x 5 cm vas.
Kleur die ander helte met voedselkleursel van u keuse, druk dit bo-op die eerste laag vas. Laat styf word in yskas en sny in blokkies.
NB: hierdie klapperys is baie soet
Resep: Pieter Velthuizen
DELICIOUS BROCCOLI SALAD
DELICIOUS BROCCOLI SALAD
Julia Child once said: “Find something you’re passionate about and keep tremendously interested in it. That is exactly what I did and still loving it. I have been flying as a flight attendant for 8 years now, and still finding the time to cook and entertain for the people I love and care for, passionately!
Don’t like broccoli or cauliflower? Allow me to change your mind. I adapted this recipe from a brilliant culinary friend of mine, Alet Erasmus from Creative Cuisine Pantry.To make this delicious crowd pleasing salad, simply mix all the ingredients together.
1 Whole broccoli, and 1 whole cauliflower chopped to almost crumbs Continue reading
BRUISMEEL-KONDENSMELK-BESKUIT
Sif droë bestanddele goed saam. Voeg anys by en meng.
Vryf margarien met vingers in tot soos broodkrummels lyk. Maak holte in middel van mengsel en gooi kondensmelk en water by. Meng goed om stywe deeg te vorm. Maak bolletjies en plaas in gesmeerde pan.
Bak in oond van 180°C vir 1 uur. Haal uit en laat afkoel, verdeel en droog in louwarm oond.
Foto: Johan Westenberg – gebak sonder die anys
BEDRUIPSOUS VIR GEROOSTERDE SNOEK
1.5kg vars snoek
OLIE BEDRUIPSOUS:
250 ml droë witwyn
1 ml vars gemaalde swartpeper
100 ml fyn appelkooskonfyt
6 knoffelhuisies, gekap
20ml vars gekapte pietersielie
12.5ml Worcestersous
12.5ml sojasous
30ml suurlemoensap
Meng die bestanddele vir die bedruipsous en laat prut vir 1 minuut lank. Smeer ‘n toeklap rooster vooraf met olie, anders sal die vis vassit. Moet nie die vel van die snoek verwyder nie, en plaas die snoek op die rooster. Rooster die snoek 15-20 minute stadig oor matige kole terwyl dit aanhoudend met die bedruipsous bestryk word. Gebruik ‘n kwassie vir die doel.
OLIE BEDRUIPSOUS:
250 ml droë witwyn
1 ml vars gemaalde swartpeper
100 ml fyn appelkooskonfyt
6 knoffelhuisies, gekap
20ml vars gekapte pietersielie
12.5ml Worcestersous
12.5ml sojasous
30ml suurlemoensap
Meng die bestanddele vir die bedruipsous en laat prut vir 1 minuut lank. Smeer ‘n toeklap rooster vooraf met olie, anders sal die vis vassit. Moet nie die vel van die snoek verwyder nie, en plaas die snoek op die rooster. Rooster die snoek 15-20 minute stadig oor matige kole terwyl dit aanhoudend met die bedruipsous bestryk word. Gebruik ‘n kwassie vir die doel.
RESEP; Rene Truter Wessels
KUMKWATKONFYT
Maak klein snit in elke kumkwat en verwyder pitte
Plaas in kastrol, bedek met koue water, bring stadig tot kookpunt en kook tot sag genoeg om ‘n vuurhoutjie in te druk. Kook stroop van suiker en water en koel af.
Dreineer vrugte en plaas in afgekoelde stroop. Bring weer stadig tot kookpunt en kook tot vrugte helder en stroop dik is. Laat oormag so staan en kook weer volgende dag voor dit in warm gesteriliseerde bottles verpak en verseel word.
Foto: Pop Popi
LYDIA SE WORTELKOEK
SJOKOLADE VERSIERSEL MET MIELIEBLOM


SJOKOLADE VERSIERSEL MET MIELIEBLOM
Ek het dit al gemaak en dit is absoluut fantasties, dit is soos ganache. Dit is oorspronklik Mej Joubert van Bonnievale se resep.
1 koppie suiker
50 ml mielieblom
50 ml kakao
7 ml kitskoffiepoeier
375 ml water
50 ml botter of margarien Continue reading
VRIENDIN SE SJOKOLADE KOEK
GEBRAAIDE EIERVRUG
Ek het twee eiervrugte skyfies gesny en in lae gepak en sout oor elke laag gestrooi. Ek doen dit min met die sout, want die eiervrugte wat ons kry is redelik klein en jonk en met hulle is dit nie nodig nie, want dit is nie bitter nie. Continue reading










