

VRIENDIN SE SJOKOLADE KOEK
Resep van Vriendin Marie de Vries
Foto: Rina Kleinhans
FOOD LOVERS RECIPES
2 2/3 kp koekmeel
6 teelepels hoogvol bakpoeier
6 eiers geskei
1 koppie kookolie
1 koppie kakao
3 koppies suiker
1 ½ koppie kookwater
2 teelepel vanilla geusel
Los 1 koppie kakao, 3 koppies suiker op in 1 ½ koppies kookwater en voeg dan die koppie kookolie daarby. Klits goed totdat al die suiker opgelos is en daar geen klonte in is nie. Laat effens afkoel.
Klits 6 eiergele baie goed en voeg dit by die afgekoelde kakaomengsel. Klits baie goed.
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout 4 keer saam. Vou meelmengsel by die kakaomengsel in.
Klits wit van die eiers styf, maar nie droog nie. Vou die eierwitmengsel by die melk/kakaomengsel in.
Skep in 2 voorbereide panne en bak vir 40-45min by 180°C.
Baie baie lekker en klam.
Versier soos verkies, maar smelt 2 x heelneut sjokolade met bietjie room by en skep oor die afgekoelde koek. Yummies






