Ek het twee eiervrugte skyfies gesny en in lae gepak en sout oor elke laag gestrooi. Ek doen dit min met die sout, want die eiervrugte wat ons kry is redelik klein en jonk en met hulle is dit nie nodig nie, want dit is nie bitter nie.
Ek het hierdie eiervrug in groente lasagne gebruik wat iemand by my bestel het en wou net seker maak dit smaak nie dalk bitter nie. Dit het so ‘n halfuur gestaan, toe het ek dit afgespoel en in bietjie olie gebraai. Dit raak gou bruin en gaar, jy hoef dit net een keer om te draai.

Die versoeking was verskriklik groot om al die skyfies te steel en op te eet!
Louise Groenewald