1.5kg vars snoek
OLIE BEDRUIPSOUS:
250 ml droë witwyn
1 ml vars gemaalde swartpeper
100 ml fyn appelkooskonfyt
6 knoffelhuisies, gekap
20ml vars gekapte pietersielie
12.5ml Worcestersous
12.5ml sojasous
30ml suurlemoensap
Meng die bestanddele vir die bedruipsous en laat prut vir 1 minuut lank. Smeer ‘n toeklap rooster vooraf met olie, anders sal die vis vassit. Moet nie die vel van die snoek verwyder nie, en plaas die snoek op die rooster. Rooster die snoek 15-20 minute stadig oor matige kole terwyl dit aanhoudend met die bedruipsous bestryk word. Gebruik ‘n kwassie vir die doel.

RESEP; Rene Truter Wessels