MAKLIKE PANNEKOEK
Lekker pannekoek vir ‘n koue dag! My ouma se maklike resep!
Jy moet dit maar verdubbel, anders kry jy net 12 pannekoeke uit die resep:
1 koppie meel
½ koppie kookolie
2 koppies water
2 eiers
½ teelepel sout
½ glasie soetwyn
Author Archives: Rina Kleinhans
MANDARYN KOEK
FYN TAMATIEKONFYT

FYN TAMATIEKONFYT
Skil die tamaties en sny dit in stukkies op.
Weeg die hoeveelheid tamaties af.
Gebruik vir elke 1 kg tamatiestukke, 750g wit suiker, 20 ml suurlemoensap en’n paar knoetse gekneusde, gedroogte gemmerwortel wat in ‘n stukkie kaasdoek toegebind is.
Pak die tamaties en suiker in lae in die kastrol, voeg die suurlemoensap en gemmer by en laat dit ‘n paar uur lank of oornag so staan om stroop te vorm.
Verhit die mengsel daarna stadig tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat al die suiker opgelos is.
Kook dit taamlik vinnig verder totdat die konfyt helder en die stroop dik is, roer dit gereeld en wees veral teen die einde versigtig dat dit nie aanbrand nie.
Verwyder die gemmersakkie en gooi dit weg.
Skuim die konfyt af, indien nodig, bottel dit warm in voorbereide flesse en verseël dadelik
KERRIETJOPS


KERRIETJOPS
1,5 kg skaaptjops
4 groot uie
2 koppie asyn of suurlemoensap
2 eetlepels kerriepoeier
3 eetlepes kookolie
1 eetlepel mielieblom
2 teelepels suiker
1 eetlepel blatjang Continue reading
TAMATIE BRAAI WORS
Bederf die familie met die dis. Dis maklik om voor te berei en dit smaak heerlik. Die resep kan as wors of as frikkadelle voorgesit word.
500 g wildsvleis
250 g varkvleis
100 g spek
½ teelepel sout
½ teelepel fyn naeltjies
½ teelepel fyn neutmuskaat
½ teelepel gedroogde basil
2 knoffel huisies
1 groot ui fyn gesny
3 ryp ontvelde tamaties in skywe gesny Continue reading
BLINDEVINKE
Rump steak dun gesny en gekap tussen 2 lae plastiek met tenderizing hamertjie.
n vingerdik stuk cheddarkaas in die breedte geplaas
stukkies fyngesnyde knoffel swartpeper n klompie vars pietersielie takkies.
Plaas bogenoemde in die rumpsteak en rol styf op soos n worsie en bind vas met kombuistou op 3 plekke.
Sit in oondpan al die blindevinke en gooi bietjie kookolie, bietjie kookwater waarin so 2 teelepels marmite in gemeng is, bietjie worcestersous en bietjie brandewyn.
Braai met oop skottel in oond op so 185 grade C tot die blindevinke gaar is. Draai af en toe om. Sous is heerlik oor rys ook want van die kaas bak uit.
Dankie suzette
HEERLIKE BORSSTROOK IN SOUS


Gooi alles bymekaar nadat jy die uie gebraai het. Gooi oor jou koue vleisskywe wat jy mooi regop gepak het in ‘n bak, laat die sous lekker tussen die skywe inloop. Plaas weer in oond tot dit goed deurwarm is.
Resep: Elize van Zyl
BIEFSTUK IN BIERMARINADE

BIEFSTUK IN BIERMARINADE
6 biefstukke (T-been of kruisskyf)
1 suurlemoen (skil gerasper en sap uitgedruk)
1 ui (fyn gekap)
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
80 ml bruinsuiker
340 ml bier
5 ml mosterdpoeier
KOEJAWELS IN SUIKERSTROOP
KOEJAWELS IN SUIKERSTROOP
15 ryp koejawels, geskil en deurgesny
5 ½ koppies suiker
1 liter water
12 naeltjies
1 kaneelstok
In groot pot maak jy alles stadig warm terwyl jy dit roer met ‘n houtlepel totdat die stroop kook en die suiker gesmelt is, laat dit stadig prut totdat die stroop begin dik raak en op die agterkant van ‘n lepel bly klou. Continue reading
GROWWE KLAPPERBESKUIT
GROWWE KLAPPERBESKUIT
1 kg bruismeel
15 ml bakpoeier
5 ml sout
500 g botter
300 g suiker
100 g semels
80 g klapper
125 g afgedopte sonneblomsade
3 ekstra groot eiers
325 ml melk
60ml sonneblomolie






