MAKLIKE PANNEKOEK

pannekoek Retha

MAKLIKE PANNEKOEK
Lekker pannekoek vir ‘n koue dag! My ouma se maklike resep!
Jy moet dit maar verdubbel, anders kry jy net 12 pannekoeke uit die resep:
1 koppie meel
½ koppie kookolie
2 koppies water
2 eiers
½ teelepel sout
½ glasie soetwyn

Meng baie goed in ‘n lekker slap deeg.  Bak in ‘n warm pan met ‘n paar druppels olie in die pan. Gooi dun lagie deeg, wag tot kante los kom, draai om en wanneer gereed, gooi uit.
Bedien met kaneel suiker of soos verkies.
Retha-Jane Duvenhage Buys




MANDARYN KOEK

mandaryn koek
MANDARYN KOEK
Koop of bak ‘n vanilla koek.
Smeer ‘n laag vanilla koek met appelkooskonfyt.
Meng die volgende saam en smeer oor die koek:
250 g room maaskaas
1 blik kondensmelk
½ koppie suurlemoensap
Neem nou een blik ontpitte kersies, of mandaryn skyfies of bessies en pak bo-op.
Verhit stroop en verdik met vlapoeier, skep bo-op vrugte.
Dit is ‘n lekker suurerige vulsel.
Resep jare gelede by my ma gekry.

Resep en foto:  Lida Mostert



FYN TAMATIEKONFYT

FYN TAMATIEKONFYT
Skil die tamaties en sny dit in stukkies op.
Weeg die hoeveelheid tamaties af.
Gebruik vir elke 1 kg tamatiestukke, 750g wit suiker, 20 ml suurlemoensap en’n paar knoetse gekneusde, gedroogte gemmerwortel wat in ‘n stukkie kaasdoek toegebind is.
Pak die tamaties en suiker in lae in die kastrol, voeg die suurlemoensap en gemmer by en laat dit ‘n paar uur lank of oornag so staan om stroop te vorm.
Verhit die mengsel daarna stadig tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat al die suiker opgelos is.
Kook dit taamlik vinnig verder totdat die konfyt helder en die stroop dik is, roer dit gereeld en wees veral teen die einde versigtig dat dit nie aanbrand nie.
Verwyder die gemmersakkie en gooi dit weg.
Skuim die konfyt af, indien nodig, bottel dit warm in voorbereide flesse en verseël dadelik

 




KERRIETJOPS

tested

KERRIETJOPS
1,5 kg skaaptjops
4 groot uie
2 koppie asyn of suurlemoensap
2 eetlepels kerriepoeier
3 eetlepes kookolie
1 eetlepel mielieblom
2 teelepels suiker
1 eetlepel blatjang
Kap uie grof en braai liggies in kookolie. Voeg kerriepoeier en mielieblom by en meng goed.
Voeg nou asyn en suiker by. Roer.
Verdun mengsel met 1 koppie water.
Stowe stadig tot uie gaar is en mengsel gebind is.
Laat afkoel en gebruik om tjops in te marineer.
Pak vleis in skottel en giet koue mengsel oor. Laat staan vir 1 – 2 dae en braai soos gewoonlik
Meng kerrie, suiker, mielieblom en voeg by uie. Kook vir 5 minute en voeg asyn by wanneer afgekoel.
Gooi sous oor vleis sodat alles bedek is.
Laat 2 – dae op koel plek. Roer 1 keer per dag.
Ryg vleisstukkies, stukkies uie en appelkoos aan stokkies.
Rooster oor kole.
Gooi sous deur sif, verdik met mielieblom en kook.




TAMATIE BRAAI WORS

wors
TAMATIE BRAAI WORS

Bederf die familie met die dis. Dis maklik om voor te berei en dit smaak heerlik. Die resep kan as wors of as frikkadelle voorgesit word.
500 g wildsvleis
250 g varkvleis
100 g spek
½ teelepel sout
½ teelepel fyn naeltjies
½ teelepel fyn neutmuskaat
½ teelepel gedroogde basil
2 knoffel huisies
1 groot ui fyn gesny
3 ryp ontvelde tamaties in skywe gesny
1 eetlepel bruinsuiker
2 eetlepel suurlemoensap.
½ koppie koue water
½ teelepel gemaalde swartpeper
1 koppie droë broodkrummels

Meng bestanddele saam en maal.
Meng en maal ‘n tweede keer.
Stop in derms of vetderm.
Plaas in ‘n broodpan en maak maalvleis brood of frikkadelle.




BLINDEVINKE

blindevinketested

BLINDEVINKE

Rump steak dun gesny en gekap tussen 2 lae plastiek met tenderizing hamertjie.
n vingerdik stuk cheddarkaas in die breedte geplaas
stukkies fyngesnyde knoffel swartpeper n klompie vars pietersielie takkies.
Plaas bogenoemde in die rumpsteak en rol styf op soos n worsie en bind vas met kombuistou op 3 plekke.
Sit in oondpan al die blindevinke en gooi bietjie kookolie, bietjie kookwater waarin so 2 teelepels marmite in gemeng is, bietjie worcestersous en bietjie brandewyn.
Braai met oop skottel in oond op so 185  grade C tot die blindevinke gaar is. Draai af en toe om. Sous is heerlik oor rys ook want van die kaas bak uit.

Dankie suzette




HEERLIKE BORSSTROOK IN SOUS

HEERLIKE BORSSTROOK IN SOUS
Bak eers jou sorsstrook  (brisket) in jou oond met sout en peper bedek of in ‘n baksakkie tot gaar, moenie bruin braai nie. Laat koud word en sny in dun skywe.
Sous:
2 uie gekap en gebraai in n bietjie botter
1 blikkie Coke Cola
1 pk sampioensoppoeier
1 kp van die vleissous van die borsstrook
1/2 koppie blatjang
1 koppie tamatiesous

Gooi alles bymekaar nadat jy die uie gebraai het. Gooi oor jou koue vleisskywe wat jy mooi regop gepak het in ‘n bak, laat die sous lekker tussen die skywe inloop. Plaas weer in oond tot dit goed deurwarm is.
Resep:  Elize van Zyl




BIEFSTUK IN BIERMARINADE

BIEFSTUK IN BIERMARINADE
6 biefstukke (T-been of kruisskyf)
1 suurlemoen (skil gerasper en sap uitgedruk)
1 ui (fyn gekap)
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
80 ml bruinsuiker
340 ml bier
5 ml mosterdpoeier


Plaas die vleis in ‘n enkellaag in ‘n marineerbak. Verhit bruinsuiker, bier, ui en mosterdpoeier, suurlemoenskil en sap saam tot kookpunt. Verminder hitte en laat vir 10min onbedek prut. Laat heeltemal afkoel. Giet marinade oor die vleis en marineer vir sowat 2 uur of oornag. Draai vleis gereeld om. Verwyder uit marinade, geur met sout en peper. Rooster tot verlangde graad van gaarheid. Kan riffelpan (rook warm) gebruik op die stoof of oor die kole. Bedien met sous van u keuse.
Wenk: Gebruik altyd baie goeie gehalte vleis




KOEJAWELS IN SUIKERSTROOP

KOEJAWELS IN SUIKERSTROOP
15 ryp koejawels, geskil en deurgesny
5 ½ koppies suiker
1 liter water
12 naeltjies
1 kaneelstok

In groot pot maak jy alles stadig warm terwyl jy dit roer met ‘n houtlepel totdat die stroop kook en die suiker gesmelt is, laat dit stadig prut totdat die stroop begin dik raak en op die agterkant van ‘n lepel bly klou.
Gly die koejawels in die stroop en prut saggies tot die koejawels net sag is, moet dit nie pap kook nie.
Trek die pot van die stoof en laat die koejawels afkook in die stroop.
Jy kan dit warm in flesse inlê of jy kan dit in die yskas laat staan vir tot 3 weke.
As jy inlê sorg dat jou bottels gesteriliseerd is, pak jou vrugte dan met ‘n lepel in warm bottels, gooi die warm stroop oor.
Skud om borrels uit te haal, seël die bottels, sit in ‘n kastrol met kookwater wat oor die bottels se koppe strek en kook vir 15 minute.
Daarna kan hulle spens toe tot jou lus jou weer kom kry en jy ‘n bottel oopmaak.
As jy gril vir die pitte kan jy dit uitskep voor jy dit kook, en die koejawels in die middel deursny.
Bedien die koejawels saam met sy stroop en slagroom.
Resep:  NIEL STEMMET KOSKENNER




GROWWE KLAPPERBESKUIT

growwe klapper beskuittested

GROWWE KLAPPERBESKUIT
1 kg bruismeel
15 ml bakpoeier
5 ml sout
500 g botter
300 g suiker
100 g semels
80 g klapper
125 g afgedopte sonneblomsade
3 ekstra groot eiers
325 ml melk
60ml sonneblomolie

Sit die meel, bakpoeier en sout saam. Voeg suiker, semels, klapper en sonneblomsade by en meng.
Rasper die botter en vryf in die meelmengsels.
Klits melk, eiers en sonneblom olie saam en meng dit deeglik met die meelmengsel. Dit is ‘n slap deeg, maar word na ‘n rukki stywer namate die semels die vloeiestof absorbeer.
Ek sit myne dan in my beskuit panne. Sny dit met die drukker en bak by 180ºC vir 50 min.
Resep geplaas en foto: Benhet Nieuwenhuis ( uit resepte boek hartklop kuierkos)