
FYN TAMATIEKONFYT
Skil die tamaties en sny dit in stukkies op.
Weeg die hoeveelheid tamaties af.
Gebruik vir elke 1 kg tamatiestukke, 750g wit suiker, 20 ml suurlemoensap en’n paar knoetse gekneusde, gedroogte gemmerwortel wat in ‘n stukkie kaasdoek toegebind is.
Pak die tamaties en suiker in lae in die kastrol, voeg die suurlemoensap en gemmer by en laat dit ‘n paar uur lank of oornag so staan om stroop te vorm.
Verhit die mengsel daarna stadig tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat al die suiker opgelos is.
Kook dit taamlik vinnig verder totdat die konfyt helder en die stroop dik is, roer dit gereeld en wees veral teen die einde versigtig dat dit nie aanbrand nie.
Verwyder die gemmersakkie en gooi dit weg.
Skuim die konfyt af, indien nodig, bottel dit warm in voorbereide flesse en verseël dadelik






