MAKLIKE PANNEKOEK
Lekker pannekoek vir ‘n koue dag! My ouma se maklike resep!
Jy moet dit maar verdubbel, anders kry jy net 12 pannekoeke uit die resep:
1 koppie meel
½ koppie kookolie
2 koppies water
2 eiers
½ teelepel sout
½ glasie soetwyn
Meng baie goed in ‘n lekker slap deeg. Bak in ‘n warm pan met ‘n paar druppels olie in die pan. Gooi dun lagie deeg, wag tot kante los kom, draai om en wanneer gereed, gooi uit.
Bedien met kaneel suiker of soos verkies.
Retha-Jane Duvenhage Buys







