GIDEON SE VOLSTRUISWORS EN PASTAGEREG
My aandkossies was vanaand kurktrekker pasta.
Varsgebraaide volstruiswors in eetbare stukkies gesny
in aparte pan, braai sampioene, uie, fyngekerfde rissie (verskillende kleure)
Voeg by – tamatie en braai, voeg wors by
Bietjie Tobasco sous, swart peper, sout en ‘n eetlepel sampioen soppoeier
Kook spiraalpasa tot gaar (Al Dente) meng met die wors mengsel
Net voor opdien ,voeg bietjie Rocketslaai en pietersielie by en meng deur
GENIET Continue reading
Category Archives: Volstruis / Ostrich
VOLSTRUIS FILLET MET PASTA
VOLSTRUIS FILLET MET PASTA
Neem fillet en sny in repies, smeer slaaisous poeier oor en los vir 15 min, verhit 5 ml olie saam met 5 ml botter in plat swartpot en braai 1 ui fyngekap met 10 ml(of meer na smaak) gekapte knoffel vir 5 min, voeg 100 gr gekerfde sampioene by en braai nog 5 min, skep uit en in die selfde pot braai die fillet vir 6-8 min tot amper gaar, voeg die uiemengsel by en roer deur, neem blikkie tamatie pastasous en meng met 50 ml chutney en 10 ml worcestersous roer deur, prut tot sous warm is.
Bedien met pasta van keuse. (Die slaaisous poeier en chutney gee die gereg so soet-suur smaak wat baie lekker is)
Resep en foto: Hanlie Schneigansz
VOLSTRUIS EIER KLEINKOEKIES
1 Volstruis eier, klits saam met 1 kg Stork Bake en 15 k suiker, voeg by 36 k koek meel, 20 tlp bakpoeier, 2 E sout, 1 kln bottel vanilla ess.
Gebruik meuletjie of roll uit. Bak 180 tot lig bruin +- 15 min. Ek moet net se dit het 2 dae gevat om te bak, my dogter het my gehelp.
Jenny Schneigansz
GEROOKTE VOLSTRUISBOUD EN VOLSTRUISEIER
GEROOKTE VOLSTRUISBOUD EN VOLSTRUISEIER
Kook ‘n vars volstruiseier in ‘n diep kastrol vir sowat ‘n uur en 15 minute. Dis belangrik dat jy die eier gedurende die eerste 30 minute gereeld omdraai om te verseker dat die dooier (geel
gedeelte) in die middel bly. Haal uit, plaas in koue water en laat afkoel. Maak
seker dat die eier goed koud is voordat jy dit met ‘n hamertjie oopbreek en
afdop. Continue reading
VOLSTRUIS ROEREIER
Een volstruiseier is normaalweg genoeg vir 10 tot 12 persone.
Die volstruiseier moet goed geklits word.
Voeg ¾ koppie melk by vir elke koppie eier.
Voeg sout na smaak by.
Smelt ’n bietjie botter in ’n pan oor lae hitte.
Gooi die geklitste eier by en roer aanhoudend tot dit gestol is.
Onthou dat die pan nie te warm moet wees nie!
VOLSTRUISNEK KERRIE
VOLSTRUISNEK KERRIE
Adrian sê hy het nie ‘n resep nie, maar dis wat hy gedoen het. Die volstuisnek is eers vir 20 minute gestoom, anders moet jy dit baie langer kook. Intussen het hy die wortels en aartappels net bietjie in die Mikrogolf gekook tot dit halfpad gaar is. Die vleis is uit die pot gehaal en saam met uie in ‘n ander pot gebraai terwyl die sous eenkant gehou word. As die uie begin sag word, word bietjie van die sous by die vleis gegooi sodat dit begin kook saam met ‘n paar naeltjies en heel koljander. Continue reading
VOLSTRUISNEKPOTJIE
VOLSTRUISNEKPOTJIE
Geen resep, sommer uit my kop gemaak.
Kook volstruisnek 45 min sag in drukkoker.
Braai uie en knoffel in swaarboompot. Voeg wortels en vleis by. Kook tot vleis amper sag is.
Maak oxtail-soppoeier aan met water, meng met pakkie tamatiepasta en speserye. Gooi jou groente in saam met die sop.
Prut potjie tot groente gaar is. Voeg broccoli en sampioene teen einde van gaarmaaktyd by.
Foto en resep gepos deur RuaanEmmarentia Bolton
OSTRICH COTTAGE PIE WITH A TWIST
COTTAGE PIE WITH A TWIST
Photo and recipe: Angela Landsberg
FOOD LOVERS RECIPES
I made cottage pie with ostrich mince and butternut mash tonight. Was delicious!
500 g ostrich mince
1 tablespoon olive oil
1 onion, chopped
1 fat clove garlic, chopped
2 carrots, chopped
1 cup red wine
1 cup beef stock
1 cup frozen peas
1 cup frozen corn
2 tablespoons chutney
1 tablespoon tomato paste
500 g butternut, cut into chunks
2 small potatoes, peeled and cut in quarters Continue reading
VOLSTRUISFILET IN SALIEROOMSOUS



VOLSTRUISFILET IN SALIEROOMSOUS
30 ml olie
15 ml botter
1 x 300 g volstruisfilet, in porsies gesny
60 ml salieblare
60 ml sjerrie
Seesout en swartpeper na smaak
125 ml room
125 ml flou vleisaftreksel Continue reading
KUDU EN VOLSTRUIS PASTEI
500g Kudu
500g Volstruis
1 Blik Koo Samp &Beans
1 blik Soet mielies
Sout en mix spice
5 eetlepels chuctney
1Rol blaar deeg. Continue reading










