GIDEON SE VOLSTRUISWORS EN PASTAGEREG
GIDEON SE VOLSTRUISWORS EN PASTAGEREG
My aandkossies was vanaand kurktrekker pasta.
Varsgebraaide volstruiswors in eetbare stukkies gesny
in aparte pan, braai sampioene, uie, fyngekerfde rissie (verskillende kleure)
Voeg by – tamatie en braai, voeg wors by
Bietjie Tobasco sous, swart peper, sout en ‘n eetlepel sampioen soppoeier
Kook spiraalpasa tot gaar (Al Dente) meng met die wors mengsel
Net voor opdien ,voeg bietjie Rocketslaai en pietersielie by en meng deur
GENIET
Foto en resep: Gideon Louw
Hier is Gideon se weergawe
my aandkossies was vannaand kurktrekker pasta saam met volstrys wors, masrooms , gesmoorde uie , gesnipperde pepper , bietjie tobeskou, swart peper, bietjie sout en n eetlepel sampijoen sop poeier , en net voor opdien n bietjie rocket en pietersiellie ingesny by die mengsel en sommer lekker gesmaak nous my bol sommer lekker gepomp











