


VOLSTRUISFILET IN SALIEROOMSOUS
30 ml olie
15 ml botter
1 x 300 g volstruisfilet, in porsies gesny
60 ml salieblare
60 ml sjerrie
Seesout en swartpeper na smaak
125 ml room
125 ml flou vleisaftreksel
Verhit olie en botter in ’n plat, oondvaste swaarboompot en braai die vleis daarin tot goudbruin. Skep uit die pan. Voeg die helfte van die salieblare by en braai vir ’n paar sekondes.
Voeg die sjerrie by en laat afkook. Geur goed en voeg die room en aftreksel by. Verhit tot kookpunt en skep die vleis terug. Laat prut vir 10 minute. Bedek en hou warm. Skep vleis op die polenta en garneer met die orige salie. Lewer twee porsies
Resep geplaas deur Rina Kleinhans
Foto: Gideon Louw en Hugh RealMan Marais-Groepe






