

HEERLIKE VOLSTRUIS MAGIES EN BRUSSELSPRUITE
Aandete: Volstruismagies, soetpatats, brusselse spruite in spek en biltong kaassous, potgebraaide aartappels en basmati rys.
Volstruismagies:
Plaas volstruismagies in stoompot met uie, lourierblare, peperkorrels, heel naeltjies, roosmaryntakjies, sojasous, sout en water. Stoom om en by 1 uur tot sag. Sny in skywe. Neem van die sous in die stoompot, meng met ‘n bietjie bisto tot dik. Pak skywe in bisto sous, en kook vinnig deur. Continue reading










