

VOLSTRUIS WELLINGTON
Dit was nou baie lekker….. het die volgende gebruik
1 puff pastry
2 eiers
300 g volstruis maalvleis
1 pakkie volstruis steak
speserye na smaak
brood krummels
wit uie soppoeier
Gebruik ‘n ronde bak gooi volstruis maalvleis, 1 eier, brood krummels en kwart pakkie sop by met die speserye meng baie goed tot taai laat staan ‘n rukkie…gebruik ‘n broot pan en smeer mooi met botter… vat volstruis steak sny baie dun amper soos carpacio en pak 1 laag onder in die brood pan, vat die maalvleis en sit bo oor die steak en druk plat, met die steak wat oor is pak ‘n laag op die maalvleis. sit in yskas vir ‘n half uur so dat die maalvleis en steak kan rus…..verhit die oond tot 180 ºC haal die mengsel uit die brood pan en sit dit op ‘n rakkie neer soos in die foto dit sal nou lyk soos ‘n vleis brood….bak in oond vir 20 min of tot lig bruin en haal dan uit sodat dit kan afkoel… gebruik die brood pan en sit die puff pastry daar in sit die vleis bo op die pastry en maak dit toe soos jy ‘n pastei sal bedek smeer met eier… sit terug in die oond tot bruin haal uit en bedien met gravy na jou smaak….
180 Gade C
Foto en resep: Eben Cronje






