HEERLIKE VOLSTRUIS MAGIES EN BRUSSELSPRUITE


HEERLIKE VOLSTRUIS MAGIES EN BRUSSELSPRUITE
Aandete: Volstruismagies, soetpatats, brusselse spruite in spek en biltong kaassous, potgebraaide aartappels en basmati rys.
Volstruismagies:
Plaas volstruismagies in stoompot met uie, lourierblare, peperkorrels, heel naeltjies, roosmaryntakjies, sojasous, sout en water. Stoom om en by 1 uur tot sag. Sny in skywe. Neem van die sous in die stoompot, meng met ‘n bietjie bisto tot dik. Pak skywe in bisto sous, en kook vinnig deur.
Brusselse Spruite in Biltong en Spek Kaassous:
Kap spek baie fyn en braai in ‘n bietjie botter tot crispy. Kook brusselse spruite in water met ‘n bietjie sout in tot net sag, moet nog crisp wees.
Verhit 1 ½ koppies melk in mikrogolf. Roer 1 ½ dessertlepels meel by, en voeg die spek en botter waarin dit gebraai was by, asook ‘n bietjie fyn biltong. Mikrogolf vir 30 sekondes op ‘n keer tot gaar. Gooi kaas, ‘n bietjie fyn neutmuskaat en sout na smaak by. Roer goed deur en gooi oor brusselse spruite.
FOTO EN RESEP: Petré Van Jaarsveld








