+/- 1 kg volstruisnek in stukke van so 3 cm lank gesaag
1 teelepel Hoender speserye
1 teelepel sout
1/2 teelepel Fyn Kaneel
2 eetlepels Heuning
1 ui
1/2 teelepel growwe swart peper
100 gram gesnyde bees Brisket vet
100 ml Vars room
Kook in die drukpot totdat die nek lekker sag is, Gooi nou die sous eers af, en potbraai saam met die stukkies vet totdat dit lekker bruin is.
Gooi nou die room in die sous, en roer deur, en gooi weer die vleis terug in die sous en laat net vir nog 5 minute stadig prut..
Geniet saam met opgekookte groenboontjies, wat in Botter gebraai is, en n lekker Tamatie, uie, en Kaas slaai..
Foto en resep: Stefaans Blaauw








