

ANRI’S THAI GREEN CURRY
Thai green curry met volstuis vleis en egg noodles in the making…ek het maar solank n bietjie piesang opgesny en klapper vir die brand
1 ui
1 knoffel vingertjie
2-4 chillies
10 ml olyf olie
Sit alles in versapper en maak ‘n paste.
Gooi in warm pan en braai vir 10 min, gooi dan 3 opgesnyde aartappels in,
15 ml komyn in en 10 ml borrie en genoeg sout en peper.
Voeg dan die volgende by:
1 blik klapper melk
2 koppies spinasie,
1 koppie opgesnyde murg pampoentjies
1 koppie ertjies,
4 volstuis fillets opgesny of enige ander vleis van jou keuse,
Los alles op lae hitte vir 10 min.
Voeg dan 20 ml soya sous by en 20 ml suurlemoen sap. Bedien dan met rys of egg noodles en voeg nog extra chillies oor indien nodig. Bedien met klapper en piesang vir gaste wat nie van teveel brand hou nie.
Bron: Anri Loots






