

VARK CRACKLING
Ai so ‘n ou warm crackling uit die oond voor die tv is darem maar lekker.
Skoongemaakte varkvelle waarvan die vleis alles verwyder is en op ‘n bakplaat met die velkant na bo uitgepak en dan met olyfolie gesmeer is en besprinkel is met sout en ook besprinkel is met ‘n bietjie bakpoeier.
Word dan op 220°C vir 20 min gebak en dan vir 5 min gerooster.
Resep en foto: Gideon Louw
(Maak eers skoon en sny alle vleis en vet af. Sny dan in blokkies met ‘n skerp mes of tullen sker)
Anna Venter: Ons slag self op die plaas so soms het ek baie velletjies vir crackling, ek vries dit op ‘n bakplaat/skinkbord en dan sny ek dit met my broodsnyer in repe so breed ons daarvan hou en dan knip ek met ‘n sker in lengtes. Ek vries dit dan weer in sakkies en bak dan soos ons daarvoor lus raak. My mense hou van ‘n “stokkie” wat hulle kan dip. Ek geur dit soms ook met of sout en asyn spice of die “Steers” sout.










