

AARTAPPEL EN BILTONG HAPPIES
Resep en foto: Elna Erasmus
FOOD LOVERS RECIPES
2 koppies fyn kapokaartappels
80 ml melk
125 g fyn biltong
125 g gerasperde cheddarkaas of kaas van eie keuse
1 eier
Meng al die bestanddele saam en vorm balletjies, bietjie groter as okkerneutballetjies.
Klits nog ‘n eier en doop die balletjies daarin en dan in broodkrummels.
Laat staan vir 20 min in die vrieskas.
Verhit kookolie en braai die balletjies tot goudbruin.







Na nuwe blog