

MILO BALLETJIES
(Maak 3½ – 4 dosyn teelepel grootte balletjies)
1 pakkie Marie beskuitjies (fyn gekap)
1 blikkie kondensmelk
4 eetlepels Milo poeier
½ koppie klapper
ekstra klapper om in te rol
Maak beskuitjies fyn in voedselverwerker. Voeg res van bestanddele by en meng goed. Smeer jou hande met bietjie botter of olie en skep ‘n teelepel vol op ‘n slag en rol balletjie. Gooi dan in ekstra klapper om te bedek. Plaas in yskas tot ferm.
Resep geplaas deur Bets Lourens
Foto: Bets Lourens












